Wednesday, 15 February 2012

PEPPADEWS (PIKANTE RISSIES) x 2 resepte



















Wilna Dorfling

ASYN
500 ml water
500 ml appel asyn
200 g suiker

2 ml swart mosterd saadjies
5 ml piekel speserye
1 ui in kwarte gesny
1 knoffelhuisie skoongemaak

Plaas al die bestandele in 'n kastrol bring stadig tot kookpunt roer om suiker op te los, kook vir ongeveer 10 minute oor medium tot lae hitte verwyder ui en knoffel.

INTUSSEN:
Maak 200 g pikante rissies skoon.
Sny die bo kant af en verwyder die pitte en die sagte wit weefsel versigtig uit, pak die rissies in 'n skoon fles, giet die warm asyn oor en skud die bottel liggies om die lugborrels uit te kry vul op met asyn indien nodig, maak dadelik toe.

** Nota:
Ek het die appel asyn wat 'n 375 ml bottel is aangevul met gewone asyn tot 500 ml. Die resep kom uit die Avokado tydskrif.
Die rissies is enige dag net so lekker as die gekooptes miskien lekkerder. Laat staan 'n paar weke voor dit gebruik word.

INGELEGDE PEPPADEWS (PIKANTE RISSIEPEPERS)

200g skoongemaakte ryp Peppadews (ontpit en slegte plekke verwyder)
1 k asyn
½ k suiker
½ t sout

Kook bogenoemde tot suiker opgelos het. Sit die stoof af en gooi die Peppadews in die oplossing terwyl dit warm is. Laat afkoel en bottel.