Wednesday, 8 February 2012

Marokkaanse lamsvleis met dadels



Dadels is nie net bestem vir happies nie. Net soms is ek lus om iets besonder gaar te maak.

• 1.5 kg lamsblad, in blokkies gesny
• 1 teelepel sout
• Varsgemaalde swartpeper na smaak
• 70 gr margarien
• 2 gekapte uie
• 50 ml kookwater met twee biefblokkies daarin opgelos
• 1 kaneelstokkie
• 1 eetlepel heuning
• ½ teelepel gemaalde kaneel
• 1 koppie ontpitte dadels
• 50 gr heel amandels, gerooster

Geur die vleis met sout en peper. Smelt die margarien in ’n swaarboomkastrol. Verbruin uie en vleis. Voeg die vleisaftreksel en kaneeelstokkie by. Verhit tot kookpunt.
Verlaag die hitte. Prut vir ongeveer een uur, of kook in ‘n drukkoker vir ongeveer 25 minute tot die vleis sag is.
Verwyder die vleis en kaneelstokkie uit die sous. Roer die heuning en gemaalde kaneel by. Prut vir ongeveer 10 minute. Voeg vleis en dadels by en laat prut nog 10 minute tot dadels uitgeswel is.

Besprinkel met amandels.
Bedien met aartappels en groenboontjies.