Almarie de Jager
VIR DIE FLUKSES WAT SO BIETJIE IETSIE WIL MAAK VIR LATER
Hierdie resep maak sommer baie maar dit hou lekker lank in die yskas. Haal maar uit by ‘n braai, voor die TV, waarookal, die uie verdwyn in die kele af.
Sny 2 kg uie in ringe.
Meng nou die volgende saam in ‘n kastrolletjie:
450g (klein blikkie) Appelkooskonfyt
1 bottel Witasyn
125g Witsuiker
2 teelepels Kerriepoeier
1 teelepel Borrie
1 teelepel sout
Knippie Rooipeper
Knippie Gemengde Speserye
Maak nou die mengsel stadig warm tot die konfyt gesmelt het. Die mengsel hoef nie te kook nie. Laat staan so 10 minute op die plaat.
Pak die uie in bottels en gooi die sous oor. Die uie is reg na so 12 uur of oornag
Bewaar in die yskas