Wednesday, 8 February 2012

Driehoek-kaaskoek.
























Erna Conradie
Ek plaas gou 'n heerlike reseppie vir die wat dit wil maak vir hulle nm.tee:-)


250g fyn maaskaas
125g margarien
¾k strooisuiker

1 eier(klits goed)
2 t vanieljegeursel
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 groot blok sjokolade met neute
kersies ( kyk maar hoeveel jy benodig)

Klits alles saam!

Pak beskuitjies in drie rye van 5 elk in foelie.
Smeer 'n dun lagie van die mengsel bo-oor.
Pak nog 'n laag beskuitjies.
Smeer oorblywende mengsel oor.
Plaas kersies presies in die middel in elke ry.
Vou toe in driehoek.
Plaas in vrieskas vir 4-5 ure.
Smelt sjokolade in'n dubbelkoker.(of in mikrogolf)
Smeer oor koek.
Plaas dit weer in yskas!

Lekker eet en geniet dit!