Wednesday, 8 February 2012

Dadelblatjang



Dis heerlik saam met enige vleisgereg of saam met piekels en kaas.

Jy het nodig

500 g ontpitte dadels
10 knoffeltoontjies
125 g vars gemmer, geskil
125 g droë rooi rissies
Sout na smaak
500 ml bruinasyn

So maak mens

Voeg al die bestanddele, behalwe die asyn, in die voedselverwerker en meng tot glad. Voeg nou die asyn by en meng goed. Gooi die mengsel in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is.