5 ml koeksoda
250 g ontpitte dadels, gekap
250 ml kookwater
250 ml suiker
60 ml margarien of botter
1 eier
375 ml koekmeelblom
3 ml bakpoeier
3 ml sout
125 ml gekapte neute
Stroop
300 ml suiker
250 ml water
15 ml botter of margarien
5 ml vanieljegeursel
100 ml brandewyn
Strooi die koeksoda oor die dadels en giet die kookwater oor. Laat dit afkoel. Room die suiker en margarien of botter saam. Voeg die eier by en klits goed. Voeg die dadelmengsel by die bottermengsel. Voeg die droë bestanddele en die neute by, meng dit deeglik en skep dit in 'n goedgesmeerde swart platboompot. Bedek dit en bak dit sowat 30 minute lank op 'n driebeenstaander met lae hitte van onder asook 'n paar kole op die deksel van die pot. Kook al die bestanddele vir die stroop, behalwe die brandewyn, 5 minute lank saam, voeg die brandewyn by en giet dit oor die tert. Bedien dit met vars vrugte en room of vla.
Wenk
Hierdie tert kan ook in n voorverhitte oond van 180 grade gebak word.