Monday 16 January 2012

Vrugte-fees lekkerte


As jy ‘n klompie kinders moet onthaal vir ‘n partytjie in die warm somersdae van Januarie of Februarie , is ‘n vrugtefees dalk net die ding.  Wie onthou nog daardie lekker dae van die Sondagskool vrugtefees?  ‘n Groot waatlemoen, spanspek, druiwe, perskes, aarbeie, en nog vele meer.  En ja……Laat die kinders maar toe om mekaar met waatlemoen skille te smeer.  (Daar is tog niks wat waspoeier en seep nie kan skoonmaak nie.) 

Daarna kan hulle lekker afspoel onder die tuin spreiers of in die swembad. 
Of as jy ‘n tema partytjie wil hou, maak vrugte partytjieborde en gee die partytjie ‘n Hawaii tema.  Dis min werk vir ma en die kinders gaan dink dit lyk te pragtig vir woorde.  Daar is in hierdie maande hope vars vrugte in seisoen op die rakke.
Maak somer koeldrankies in verskillende kleure met strooitjies en sambreeltjies daarby om die partytjie mooi af te rond.