Braai Hoender- Of Beesvleissosaties Oor Die Kole En Bedruip Gereeld Met 'N Lekker
Marinade.
Smeer Worsbroodjierolletjies Met Botter En Sit Blaarslaai, Tamatie En Mayonnaise Of
Pesto Op. As Die Sosatie Gaar Is, Knyp Toe In Die Broodrolletjie En Trek Die Stokkie
Uit. Sit Voor As 'N Ligte Ete Met Slaai Of Aartappelskyfies.
Maak Lamkerrie In 25 Minute Braai 750 G Dun Lamsvleisrepies In 'N Warm Wok Of
Pan Tot Goudbruin. Voeg 2 Gesnyde Uie, 60 Ml Thiase Rooi Kerriepasta, 1 Rooi
Soetrissie (In Repies) En 'N Paar Druppels Water By. Braai Tot Gaar. Voeg 410 Ml
Klappermelk By. Verhit Tot Kookpunt En Laat Prut Tot Afgekook En Geurig. Geur Na
Smaak Met Sout En Peper En Roer Vars Gekapte Koljander By.
Klewerige Varkribbetjies Kook Die Ribbetjies Vir Ongeveer 10 Minute In Water Tot Net
Gaar. Druk Droog Op Kombuispapier. Verhit 60 Ml Braaisous, 30 Ml Sojasous, 30 Ml
Soet Rissiesous, 60 Ml Heuning, 30 Ml Bruinsuiker, 60 Ml Sjerrie, 2 - 5 Ml Gemaalde
Droë Brandrissies, Sout En Peper Na Smaak In 'N Wok Tot Kookpunt En Sit Die
Ribstukkies Daarin. Laat Prut Tot Dik En Klewerig. Haal Die Ribbetjies Uit En Sit Voor
Met Aartappelskyfies En Slaai.
Bederf Jou Kinders Met Plaatkoekies Vir Ontbyt - Dis Blitsvinnig Om Te Maak. Sif 375
Ml Bruismeel, 5 Ml Bakpoeier, 10 Ml Strooisuiker En 'N Knippie Sout Saam. Klits 2
Eiers, 250 Ml Melk En 60 G Gesmelte Botter Saam En Meng Met Die Droë Bestanddele.
Laat Rus Vir 15 Minute En Braai Dan Lepelsvol In 'N Pan Met 'N Bietjie Olie Tot
Goudbruin En Deur Gaar. Sit Voor Met Spek, Kaas, Stroop Of Vrugte.
Ete In 'N Glas - Verwerk 180 Ml Jogurt, 180 Ml Vrugtesap En 500 Ml Gekapte Vrugte
Met 'N Paar Druppels Heuning En Ongeveer 8 Ysblokkies In 'N Menger Tot Glad. Giet
In Glase En Geniet Dadelik.
Vinnige Pasta Meng 1 Houer (200 G) Ongegeurde Roomkaas Met 250 Ml Melk. Kook
350 G Pasta Tot Gaar, Maar Steeds Ferm, En Meng Met Die Roomkaasmengsel. Braai 1
Pak Gesnipperde Spekvleis, 1 Houer Gesnipperde Sampioene En 60 Ml Gesnipperde,
Songedroogde Tamaties Tot Gaar. Meng Met Die Pasta, Verhit Tot Deurwarm En Sit
Voor Met Gekrummelde Fetakaas Of Parmesaanskaafsels.