Tuesday 10 January 2012

SPESIALE APPELTERT

Arina Palm se resep

Die resep is jare terug van ‘n skoolboek & baie, baie effe aangepas.
Klop ½ koppie (k) suiker en 3 eetlepels botter goed.
Voeg 3 eiers by en meng goed.

Voeg 1 koppie gesifte meelblom met ¼ teelepel sout en 1 teelepel bakpoeier by.
Skep deeg in ‘n groot bakskottel.
Neem 1 blik onversoete, ingemaakte appels en druk stukkies in deeg sodat hulle halfpad uitsteek.
Bak die by 200 grade C vir 20 – 25 minute.
Terwyl dit bak, kook 1 k room met ½ k suiker oor stadige hitte vir 10 min. Roer.
Gooi dit oor tert onmiddelik nadat dit klaar gebak het.

Wenk: Die room kan vars of ‘n blikkie room wees.