Cornè Van Zyl se resep
(Heerlik!)
1 pakkie (200g) tennisbeskuitjies fyn gedruk
90 g (100ml) botter gesmelt
1 pakkie (80g) suurlemoenjellie250ml kookwater
1 blik (565g) lietsjies gedreineer en stroop eenkant gehou.
15 ml gelatien
1 blik (397g) kondensmelk
100ml suurlemoensap
1 houer fyn maaskaas
250ml room styf geklop
Meng die tennisbeskuitjies en gesmelte botter en druk vas in 2L -tertbord
Los die suurlemoenjellie in die kookwater op en hou eenkant. Meng ‘n bietjie van die lietjiestroop met die gelatien en verhit oor kookwater totdat die gelatien heeltemal opgelos is. Voeg dit daam met die orige stroop by die jellie. Voeg die kondensmelk en suurlemoensap by. Meng goed.
Maak die helfte van die lietjies fyn en vou dit saam met die maaskaas by die jelliemengsel in. Plaas in die yskas totdat dit net wil gegin stol. Vou die room by die mengsel en skep uit in die voorbereide tertkors. Versier met die orige lietjies en ook ‘n bietjie room. Plaas in die yskas tot heeltemal gestol.
Lewer ‘n groot tert.