Tuesday 10 January 2012

hoe om sushi te maak

Die belangrikste deel van sushi maak is die rys.
Rys:
300 ml, 300 ml water, 4 eetlepels rysasyn, 4 eetlepels strooisuiker, knippie sout

Spoel die rys herhaardelik tot die water redelik skoon daardeur loop. Week dit dan vir ten minste 5 minute. Verhit die rys en die water tot kook en plaas dan ‘n deksel op die pot, verminder die hitte tot minimum en laat staan vir 15 minute (die rys stoom gaar). Moenie die deksel oplig nie.
Terwyl jy wag vir die rys om gaar te word. Los die asyn, suiker en sout op. Dit help om die spul effens te verhit.
Wanneer die rys uitkom, gooi die asyn-suiker by en meng dit versigtig in. Laat die rys om te verkoel.
Stuff:
200g rou tuna/salm/vis, 1 groot ryp avo, 1 komkommer/seldery
Sny vis, avo, komkommer/seldery in repies.
Proses:
Nori (seewier velletjies), wasabi (groen perderadys), bamboesmatjie, sojasous en gemmer.
Plaas ‘n nori op die bamboesmat. Smeer ‘n dun lagie rys op die nori velletjie met die agerkant van ‘n eetlepel.
Pak die stuffing aan die een kant op die rys.
Rol die bamboesmatjie op om die nori en stuffing. Pers dit goed saam.
Sny die rolletjies.
Geniet
Natuurlik kan jy allerhande snaakse goed ook maak soos sushi-toebies. Dit help om jou bamboesmat te Glad-wrap en dit help om jou hande en jou mes klam te hou