Thursday 26 January 2012

Hekel lappie idee

Dalk erens in 'n laai in die huis, lê 'n paar hekel lappies wat jy gekry het as geskenk, maar hulle is dalk net te veel of pas nie meer 100% by jou dekor in nie.  Wel hier is 'n idee.

Werk die lappies aan mekaar vas om 'n tafelloper (table runner) te maak.  Dis 'n pragtige idee vir 'n onthaal met 'n "Toeka se dae" tema, of dit kan pragtig lyk op 'n Sondag middag etenstafel.  Dis ideaal vir 'n High Tea of enige onthaal met 'n romantiese tema.