Tuesday 24 January 2012

Gesondheids Beskuit


1 Kg Volkoringmeel
250 Ml Klapper
200 Ml Pitlose Rosyne
55 Ml Bakpoeier
500 Ml Suiker
250 Ml Sonneblomolie
500 Ml Koekmeel
500 Ml Fyngedrukte Graanvlokkies
125 Ml Sonneblomsaad
10 Ml Sout
250 G Margarien, Gesmelt
1 Liter Kookwater
Stel Die Oond Op 180c. Meng Al Die Droë Bestanddele, Behalwe Die
Suiker Saam. Giet Die Gesmelte Margarien In ´N Ander Mengbak En
Voeg Die Suiker, Olie En Kookwater By. Meng. Voeg By Die Droë
Bestanddele En Meng Goed. Skep Deeg In 2 Gesmeerde Broodpanne.
Doop ´N Mes In Warm Water En Sny Die Deeg In Blokkies. Bak Sowat 1
Uur, Of Tot Gaar, In Die Voorverhitte Oond. Laat Effens Afkoel In Die
Panne. Keer Uit, Breek In Stukke En Droog Uit.