Tuesday 10 January 2012

Elsa se Hoenderpastei



















Elsa Pieterse Du Plooy se resep

Ek koop twee rolletjies deeg. Dan rol el hom plat saam met meel, sodat hy nie aan die koekroller vassit nie.
Dan neem ek twee opgekapte uie met knoffel. Gooi olie in 'n kastrol Maak die uitjies en knoffel lekker bruin.
Dan neem ek hoender "fillets" Sny dit in repies en braai tot bruin. Ek gooi maar die normale hoender speserye by. Dan neem ek 'n pakkie Krorr Chicken a la King met 500ml melk. Gooi dit by, en kook tot dit mooi inmeng. Stel jou ood op 220 grade. Neem "sray en cook" spuit jou pannetjie. Neem jou eerste gerolde deeg, sit dit onder in jou pan. Gooi jou hoender in. Neem jou tweede deeg en pas hom mooi, sodat hy mooi oor jou pan vou. Soos 'n geskenkie wat jy toemaak. Neem een eier, klits hom. Smeer dit oor jou degie, druk gaatjies in. As julle wil kan julle blaartjies op sit met die ekstra deeg. Bak vir 30 min. En voer julle mans lekker, soos ekke myne xxxxxxxxx