Roline L de Beer het hierdie resep met ons gedeel
Ek dink hierdie mag dalk dieselfde of naby joune wees :-)
*1/2 kop appelkooskonfyt
*2 teel koeksoda
*1/2 kop botter
* 1 1/2 kop meel
*1 teel sout
Meng konfyt, koeksoda en botter in 'n dikboomkastrol en laat op lae hitte smelt. Voeg droe bestanddele by en meng goed deur. Skep lepelsvol in kokende stroop.
Stroop: *2 1/2 kop water
*1 kop suiker (ek gebruik so 3/4 kop suiker anders baie soet)
*1 teel gemmer of kaneel (ek sit gewoonlik helfde elk in)
Plaas deksel op kastrol en laat kook. Skep deeg in kokende stroop en kook net 10 minute met deksel op.
Hoop dis so iets wat jy gesoek het, kom uit een van my mammie se horingou kookboek. Die naam ontglip my ongelukkig nou.