Thursday 8 December 2011

VRUGTE EN BLARE RANGSKIKKING
























Gespuite vrugte soos pere en appels kan ‘n paar weke mooi bly. As jy die vrugte wil eet, gebruik ‘n eetbare verf. Anders kan die met enige goue verf bespuit word. Spuit eers die eenkant van die vrugte en laat dit goed droog word. Draai dit dan om en bespuit die ander kant.

Afhangend van die effek wat jy wil hê, hoef die blare (klimopblare) nie heeltemal met goue v...erf bedek te word nie.

Om die ruiker te maak:
Knip ‘n stuk lint wat lank genoeg is om ‘n strik om die kers te maak. Bind die lint om en maak ‘n strik. Sit ‘n stukkie wondergom tussen die strik en kers sodat dit nie afsak nie. Plaas die kers in posisie op die tafel. Rangskik die klimop, appels, pere, neuter en glasballetjies rondom die kers.