Wednesday 14 December 2011

Kunsmark Kerrie Sosaties


Lettie Swarts se resep
 

Dit moet ‘n week voor die tyd berei word

Vakansietyd is mos braai tyd Hierdie is ‘n wenner

Vleis: Filet, Rump of skaapvleis , opgesny in blokkies.
Sosatiestokkies
Karringmelk

Week die vleis vir ‘n dag lank in die karringmelk
Week die sosatiestokkies in water , en druk dan die vleis oor die stokkies.

Maak ‘n pasta aan van die volgende:

4 eetlepels Kerriepoeier 2 eetlepels Borrie
1 eetlepel Masala ½ koppie Olyfolie
½ koppie Asyn ½ koppie Blatjang
½ koppie Appelkoos konfyt
Meng pasta bestanddele goed saam

Braai 2 groot uie in ‘n bietjie olyfolie , en voeg die pasta daarby.Voeg 2 koppies water daarby en verwyder van die stoof wanneer die mengsel begin kook.
Gooi dit uit in ‘n groot genoeg marineerbak
Week die sosaties vir 3 tot 4 dae in die mengsel
Haal dit uit wanneer dit gebraai word (oor warm kole) Draai dikwels om op die rooster tot gaar.