Tuesday 13 December 2011

Koringvrye pizzabasis

























Maak: genoeg vir 1 pizza

85 g bruin rysmeel
85 g tapiokameel
7 g droë kitsgis
10 ml xantaangom
5 ml agar-agar (plaasvervanger vir gelatien)
5 ml olyfolie
5 ml asyn
150 ml warm melk van jou keuse
1 Meng al die meelsoorte, gis, xantaangom en gelatien saam in 'n bak.

2 Meng die olie, asyn, 5 ml suiker en die warm melk saam in 'n skinkbeker. Maak 'n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die melkmengsel daarin.

3 Meng alles goed saam en keer die deeg uit op 'n oppervlak wat liggies met rysmeel bestrooi is. Vorm 'n sirkel daarmee en sit dit op 'n bakplaat. Bak dit vir 10 minute in 'n verhitte oond. Sit 'n bolaag van jou keuse bo-op en sit dit vir nog 20 tot 30 minute terug in die oond.