Tuesday, 29 November 2011

YSSLAAIBAK



















Benodighede:
2 x plastiekbakke van verskillende grootte
Verskeidenheid blomme
Yskoue water
Kleefwerende kossproei

*        Bespuit die binnekant van die groot bak met kleefwerende kossproei, asook die binne- en buitekant van die kleiner bakkie
*        Knip die stingels van die blommetjies af en druk die blommetjies effens plat.
*        Neem die grootste bak en druk die blommetjies teen die binnekant van die bak vas sodat die voorkante van die blommetjies na buite wys.  Plaas die houer vir ongeveer 2 ure in die vrieskas sodat die blommetjies teen die wand kan vasvries.  Haal die houer uit die vrieskas.
*        Maak die kleiner bak halfvol yskoue water.  Maak seker dat jy dit stadig en versigtig ingiet sodat die blommetjies nie losgaan nie.
*        Die kleiner bak sal lig soos die water ingegooi word.  Indien it nie lig nie, is daar te veel water in die bak.  Indien dit te veel lig, moet nog ‘n bietjie water ingegooi word.  Die grootste bak moet oral rondom ewe veel water in hê, anders sal die bevrore bak nie mooi lyk nie.
*        Werk vinnig, ander sal die blommetjies wat vasgeys is, begin smelt en ronddryf in die water.  Indien engeles losgaan, sal dit nie saak maak nie, maar sorg dat die meeste vasgevries bly.
*        Plaas die houers oornag in die vrieskas en haal dit eers die volgende dag uit wanneer dit deeglik gevries is.  Sorg dat jou slaai klaar in ‘n ander houer voorberei is voordat jy die ysbak uit die vrieskas haal.
*        Om die ysbak van die houers aft e laat loskom, moet jy soos volg te werk gaan:  Gooi ‘n bietjie warm water in die kleinste houer sodat die water kan smelt en jy die stuk ys kan uithaal.  Probeer so vinnig moontlik werk en wikkel die ys los.  Verwyder die y suit die boonste bak.
*        Daar is nou net een yslaag tussen die twee bakke oor.
*        Tap warm water in jou wasbak en plaas die houers met bevrore water daarin.  Gooi warm water in die boonste houer en wikkel die houers sodat dit kan loskom.  Haal die ysbak tussen die 2 plastiekbakke uit (jy kan die ysbak vinnig vir ‘n paar minute terugsit in die vrieskas, maar maak net seeker dat dit aan niks vasvries nie).
*        Vul die bak met slaai en bedien dit dadelik.  Onder normale omstandighede sal die ysbak ‘n paar uur neem om te smelt.