Jeanette v d Berg het hierdie resep gestuur
Bestandele
¼ pak (125g) botter
1 koppie (250ml) strooisuiker
3 eiergele
... 1 teelepel (5ml) vanielje
1 teelepel (5ml) suurlemoensap
2 koppies (500ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) koeksoda
½ teelepel (2,5ml) sout
1 koppie (250ml) rooi glanskersies, gehalveer
1 koppie (250ml) gebleikte sultanas
1 koppie (250ml) gemengde droëvrugte
1 pakkie (100g) heel amandels, gekap
6 eierwitte
½ koppie (125ml) brandewyn
1 koppie (250ml) brandewyn (vir bo- oor)
Metode
Stel oond op 140 ºC. Room botter en suiker tot liggeel. Klits eiergele, vanielje en suurlemoensap daarby. Sif koekmeel, koeksoda en sout saam. Roer by bottermengsel. Meng sultanas, kersies, amandels en droëvrugte saam. Klits eierwitte styf en vou saam met vrugtemengsel en brandewyn by beslag. Voer broodpannetjie met foelie of waspapier uit en bind bruinpapier buite om. Knoop vas met tou. Skep beslag in broodpan en bak vir 1 uur of tot toetspen skoon uitkom. Giet laaste brandewyn oor en laat in broodpannetjie afkoel.