Wednesday, 16 November 2011

Mosterd



















Hierdie mosterd lok altyd komplimente uit. Heerlik saam met beestong of skaapboud.
1 Blikkie kondensmelk
1 eier
1/4 koppie swart asyn (goeie maak Wellington of SAD)
1 - 2 teelepels mosterd na smaak.

Gooi alles in menger of sommer in 'n lee mayonaisse bottel en skud goed. Dit moet deeglik gemeng word.
Plaas in yskas.

WENK:           Hierdie mosterd kan ook dien as slaaisous.