Wednesday 23 November 2011

MOLSHOPE

(Benhet N het hierdie resep van Rina gestuur)

Bestanddele
3 tot 4 lekker groot Aartappels
Groterige klont Margarien
2 - 3 ml Bakpoeier


Sout na smaak
250 ml Room
125 ml gerasperde Cheddar Kaas

Metode
Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.
Dreineer en druk fyn.
Voeg die margarien, bakpoeier, sout en 'n bietjie van die room by en klits dit met 'n vurk tot lig.
Smeer 'n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
Gooi die res van die room bo-oor.
Strooi die kaas dan bo-oor.[ Bloukaas is net so lekker by halveer net die soorte kaas]
Bak dit 20 - 25 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180 °C