Tuesday, 1 November 2011

Maalvleis-en-sampioenlasagne


Bestanddele
Lasagne Velle
Vir die vleissous
...• 1 groot ui, geskil en fyn gekap
• 2 eetlepels olyfolie
• 2 (of 6) knoffelhuisies, geskil en fyn gekap
• 1 pakkie knopiesampioene, in skyfies gesny
• 500 g maer beesmaalvleis
• 1 groot wortel, geskil en fyn gerasper
• ½ appel, geskil, klokhuis verwyder en grof gerasper
• 1 blik (410 g) heel tamaties
• ½ koppie rooiwyn
• sout en grofgemaalde swartpeper
• ’n knypie elk fyn kaneel, naeltjies, gemmer en koljander
•½ teelepel origanum
Vir die witsous
• 3 eetlepels botter
• 1 eetlepel opgehoopte koekmeel
• omtrent 1 koppie melk
• ½ koppie fyngerasperde parmesaankaas
• seesout en grofgemaalde swartpeper
Vir die bolaag
• 2 eetlepels fyngerasperde parmesaankaas
• 4 eetlepels grofgerasperde cheddarkaas

Só maak jy
1. Eers ’n bietjie trane. Braai die ui in die olyfolie tot goudbruin en deurskynend. Gooi die knoffel en sampioene by en braai dit vir 3 minute. Voeg die vleis bietjies-bietjies by en roer dit die heeltyd totdat dit mooi bruin is. Voeg die wortel en appel by en roer dit deur voordat jy die tamatie bygooi. Gooi die wyn, speserye, sout, peper en origanum by en laat dit kook tot ’n lekker dik sous vorm.
Maak die witsous
2. Ryk en lekker. Smelt die botter in ’n kastrol en gooi die koekmeel by. Roer dit vir 1 tot 2 minute en voeg dan die melk bietjies-bietjies by. Roer dit die heeltyd. Gooi laastens die parmesaankaas by.
Maak die lasagne
3. Laag op laag. Pak die lasagne soos volg in lae in foeliebakkies: Witsous, pasta, vleissous – totdat al die bestanddele op is. Eindig met witsous en strooi eers die cheddar en dan die parmesaan bo-oor. Sit die kartondeksels op en vries die lasagne.
4. Smeulend. Bak die ontdooide lasagne sonder die deksels in ’n oond van 200 ºC vir 20-30 minute.
5. Laat lasagne afkoel en sit dit in vrieskas

(Resep van ons ou blad op fb)