Thursday 24 November 2011

Kersversierings van papier

Maak kersversierings van papier.

Hierdie is 'n oulike projek vir die kinders om aan te pak oor die skool vakansie dae.  Dis maklik om te maak en sal hul ure lank besig hou.  Dis ook 'n goedkoop manier om kersversierings te maak vir jou huis en kersboom as die finansies dalk knap is of as jy net sommer terug verlang na jou kinder jare.
Voorsien die kinders van gekleurde papier, 'n skêr en Prit.  Dis al wat nodig is.  Vir die versierings links op die foto sal jy ook 'n stukkie garing of dun tou nodig hê om dit op te hang.  As jy 'n tuin ete beplan vir Kersmiddag, kan jy selfs van hierdie versierings gebruik om die boom in jou tuin te versier op 'n sonnige dag.