Tuesday, 29 November 2011

Hergebruik en Fokus

Gebruik 'n ou voëlhokkie om 'n mooi fokuspunt in jou tuin te maak.

Plant 'n rankplantjie in die hokkie sodat die groen loof by die tralies uit rank.  Petunias in helder kleure lyk pragtig wanneer hulle tussen die tralies deur rank.  Of sit die hokkie sommer net op jou somer buite onthaal tafel met 'n mooi blomme rangskikking daarin. (Of dalk kerse.)