50ml olie
1.3kg binneboudof dikrib, in een stuk.
GEURIGE SOUS:
300ml tamatiesous
300ml water
50ml suurlemoensap
15ml aangemaakte mosterd
'n paar druppels tabascosous
75ml vrugte blatjang
13ml worcestersous
40ml heuning
3 lourierblare
7ml sout
40ml koekmeelblom
50ml pietersielie, fyn gekap
50ml suurlemoensap
15ml aangemaakte mosterd
'n paar druppels tabascosous
75ml vrugte blatjang
13ml worcestersous
40ml heuning
3 lourierblare
7ml sout
40ml koekmeelblom
50ml pietersielie, fyn gekap
Metode
Verhit die olie oor hoë hitte in 'n kastrol. Braai die vleis alkante bruin, skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol. Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe die koekmeelblom en pietersielie in 'n kastrol. Klits goed met 'n draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit weer opkook, plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die vleis uit die sous en sny dit met 'n lang, skerp mes in skywe. Rangskik die skywe in 'n verhitte , vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met 'n klein bietjie koue water aan in 'n bakkie. Voeg dit by die sous in die kastrol. Roer dit met 'n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die sous oor die vleis en garneer met pietersielie.