Saturday, 29 October 2011

Erna se Tunatert



















1 x 5cm sny witbrood, sonder die korsie
1 eetlepel botter
1 koppie melk
1 klein ui, gerasper
2 koppies cheddarkaas
3 eiers
1 eetlepel vars pietersielie, opgekap
1 blikkie tuna in water, water afgegooi
knoffel
peper (geen sout!)

Sit brood, botter en melk in bak en kook saam in mikrogolf totdat brood pap raak.
Roer goed.
Meng die res van die bestanddele goed by en sit in 'n vuurvaste bak.
Bak oop teen 180 grade vir 'n halfuur tot n uur tot bruin.
Bedien met 'n slaai.