Thursday 29 September 2011

Nagemaakte Room




















1 k melk
15 ml maizena
knippie sout
50 ml botter

15 ml strooisuiker
2 ml vanilla

Plaas al die melk behalwe 30 ml melk in `n swaarboom pot en bring tot kookpunt. Meng die maizena en sout goed met die 30 ml melk en voeg by die kokende melk. Kook 3 minute, roer, laat afkoel. Klits botter, suiker en vanilla tot room. Haal velletjie van die koue melkmengsel af en voeg `n teelepel op `n keer van die bottermengsel by. Klits goed totdat alles ingeklits is en die megsel soos geklopte room is. Maak 750 ml.