Tuesday, 6 September 2011

Kersfees - tafel fokuspunt vir goedkoop

Kersversierings kan 'n goedkoop en oulike fokuspunt vir 'n tafel uitmaak. 
Dalk lê daar erens 'n boks vol van hierdie versierings in 'n kas, lank reeds vergete want dit pas nie by jou boom of dekor kleurskema nie.  Wel gebruik dit vir 'n treffende kers-idee.

Neem net 'n mooi glasbak (kan sommer 'n blombak wees) en gooi kers-balle binne in.  Jy kan hou by een kleur volgens jou dekor skema of jy kan sommer vrolik wees en almal bymekaar ingooi.)  Plaas 'n paar kerse rondom om die lig te weerkaats en jy het 'n goedkoop idee, maar beslis treffend.