Tuesday, 20 September 2011

AGT LEPEL NAGEREG
















8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10 ml koeksoda
500ml melk
Metode:
Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in 'n kastrol. Meng koekmeel en suiker. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele. Voeg gesmelte margarien en konfyt by. Roer om goed te meng. Die mengsel is loperig. Gooi in 'n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing

(Jammer ek het nie 'n foto van die nagereg nie, maar die foto was so mooi wat 'n vriend geneem het dat ek dit met julle deel)