Friday 19 August 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 14

SPYSKAART WEEK 14
MAANDAG                Beef Stroganoff
DINSDAG                  Spinasie Souffle
WOENSDAG             Jannie en JJ se: Vra na meer hoender
DONDERDAG            Geroosterde Vis met ‘n soetsuursous
VRYDAG                   Ghoebie Choebels

MAANDAG:  BEEF STROGANOFF

500g beeshaas of kruistuk
3 middelmatige uie
56g botter
1 groen soetrissie
225g sampioene
Sout en peper
140ml suurroom
Pietersielie

Sny die vleis in repies van sowat ½cm.  Sny die uie fyn en braai dit in die helfte van die botter tot goudbruin.  Sny die soetrissie en sampioene in skyfies.  Voeg alles by die uie en braai vir 5 minute.  Skep die mengsel uit die pan.  Voeg die res van die botter in die pan, laat dit warm word en braai die vleis baie vinnig en draai dit telkens om sodat dit rondom bruin word.  Sout en peper na smaak.  Skep die rissiemengsel terug in die pan, roer die suurroom by en laat dit warm word, maar dit mag nie kook nie.  Garneer met fyngekapte pietersielie.  Lewer 4 porsies.

DINSDAG:    SPINASIE SOUFFLE

Ongeveer 2 bossies spinasie
30ml margarine
25ml koekmeel
250ml cheddar kaas, gerasper
250ml melk
2ml sout
3 eiers, geskei

Kook spinasieblare heel tot sag, dreineer en kap fyn.  Smelt botter en roer koekmeel by.  Meng tot glad en voeg melk geleidelik by.  Verwyder van hitte en voeg sout, kaas en geklitste eiergele by.  Roer kaassous by spinasie.  Vou styf geklitste eierwitte in, gooi in gesmeerde bak.  Bak vir 30 min by 180°C.

WOENSDAG:           JANNE EN JY SE VRA NA MEER HOENDER

1 groot hoender (ek gebruik altyd ‘n pak met 4 dye en 4 boudjies)
Sout en peper na smaak
1 pak bruik uiesop
250ml kookwater
250ml blatjang
250ml mayonnaise

Geur die hoender met sout en peper.  Plaas die hoender in ‘n oondbak.  Meng die res van die bestanddele en gooi oor die hoender.  Bak in die oond toegemaak vir 30 minute op 180°C.  Verwyder die deksel van die bak en bak verder tot gaar.

DONDERDAG:        GEROOSTERDE VIS MET ‘N SOETSUURSOUS

30ml olie
1 klein ui, fyn gekap
220g pynappelringe in stukkies gesny, hou die sap
1 rooi rissie, fyn gekap
15ml mielieblom
30ml wit asyn
10ml tamatiesous
10ml sojasous
250ml water
30ml suiker

Soteer uie in olie tot sag.  Voeg pynappel, rooi rissie en pietersielie by en soteer liggies.  Voeg milieblom, asyn, tamatiesous, water, pynappelsap en suiker by.  Bring tot kookpunt.  Verf stokvisfilette met olie, plaas onder roosterelement van oond en rooster 12 minute tot gaar.  Gooi sous oor vis en sit saam met rys en groente voor.

VRYDAG:      GHOEBIE GHOEBELS

500g noodles
1kg maalvleis
1 pakkie beacon, gesnipper
1 pak kaas en uie chips, maak fyn
2 medium uie, gekap
1 blik suikermielies
1 pakkie bruin uiesop

Braai maalvleis, beacon en uie saam.  Voeg mielies en noodles asook soppoeier by.  Gooi kaas en uie chips bo-oor.  Bak vir 20 minute op 180°C.  (Ek strooi sommer nog kaas ook bo-oor)