Friday 19 August 2011

Plantkissies vir slaaigroente en -kruie






















Inkopielys
• potplantgrond
• dennehout wat klaar in spesifieke groottes gesny is - laat dit sny by die winkel waar jy dit koop. Die kissies is in twee groottes - die twee kleiner kissies is 30 cm x 30 cm, met twee teenoorstaande sye 20 cm hoog en die ander twee teenoorstaande sye 25 cm hoog (die sye waar die handvatsels deurgeryg word). Die groter plantkissie is 40 cm x 30 cm en dieselfde hoogte.
• 4mm-skroewe
• growwe skuurpapier
• akrielverf in drie kleure
• gieter en vloeibare blaarvoedsel
• dik katoentou en kleeflint
• slaai- en kruieplantjies
 

Wat het jy nodig?
• elektriese boor en batteryaangedrewe boor om as skroewedraaier te gebruik
• boorpunte vir 3 verskillende gatgroottes - 4 mm, 8 mm en 13 mm
• skêr om die onkruidmat en die tou te sny
• sponskwassie
• tuinhandskoene

So maak jy
1 Skuur die hoër kante van die kissies waar die handvatsels vasgeheg gaan word sodat dit effens gerond is.

2 Boor 4 mm-gate in die kante van die kissies waar hulle aanmekaargeskroef gaan word.

3 Boor die gate vir die handvatsels deur die bokante van die rondgeskuurde planke - gebruik die 8 mm-boorpunt daarvoor. Boor twee gate aan elke kant, dus vier handvatselgate per kissie.

4 Skroef die kissie aanmekaar.

5 Boor met die 13 mm-boorpunt dreineringsgate in die bodems van die kissies.

6 Verf die kissies met akrielverf.

7 Ryg die tou deur die handvatselgate. Draai telkens voordat jy die tou deur die gaatjie druk 'n stukkie kleeflint stewig om die tou se punt vas, want dit maak die deursteekproses soveel makliker.

8 Vul die kissie met potplantgrond.

9 Plant die groente- en kruieplantjies en voed dit met vloeibare kunsmis wat met water aangemaak is.

(Hierdie oulike kissies was in 'n Tuis tydskrif)