Tuesday, 23 August 2011

Die allerheerlikste vrugtekoek - Diabete



















Groot kookboek vir diabete deur Hilda Lategan,

Bestanddele:

1 blik onversoete vrugteslaai
500g vrugtekoekmengsel
100g dadels ontpit en gekap
135ml margarien
30ml water
30g gekapte neute

10ml Natreen vloeibare versoeter
5ml vanieljegeursel
20ml brandewyn
1 eier geklits
375ml volkoringbruismeel
5ml gemengde speserye
3ml fyn kaneel
5ml koeksoda
5ml bakpoeier
30ml brandewyn (opsioneel)

Metode:
1. Kap vrugteslaai fyner. Hou die kersies eenkant.

2. Verhit die vrugtekoekmengsel, vrugteslaai, kersies, dadels en margarien. Kook vyf minute lank.

3. Roer water, neute, versoeter, geursel, brandewyn en eier by gekookte mengsel.

4. Meng droë bestanddele met 'n opligbeweging om te belug. Voeg by vrugtemengsel. Meng goed.

5. Skep deeg in 'n gesmeerde dubbelgevoerde koekpan (200mm in deursnee). Bak 15 minute lank (sonder papierdeksel) teen 160C, dan 15 minute lank teen 150C.
Bedek koekpan ná 30 minute met 'n papierdeksel wat van 'n dubbellaag bruinpapier gemaak is.

Bak verder 40 minute lank teen 150C.

Verwyder vrugtekoek uit oond. Gooi brandewyn oor koek terwyl warm.

Laat koek in pan afkoel voordat dit uitgekeer word. Draai die afgekoelde vrugtekoek in foelie toe.