Monday 4 July 2011

Vla (UltraMel)






















Tuis gemaakte boksie vla

150ml vla poeier,
 1lt kookwater,
1 blikkie kondensmelk.

Meng die vla poeier met n bietjie koue water tot loperig. 

Gooi dan die liter kook water daaroor en roer tot mooi glad. 

Voeg  die kondensmelk by en roer  weer goed.  

Dit hoef glad nie gekook te word nie.

Bedien warm of koud.

Maak omtrent 1.25lt vla. Bêre in ‘n lig digte houer in die yskas.