Thursday 28 July 2011

SUURLEMOENTERTJIES



















125ml suurlemoensap
1 suurlemoen se skil
1 blik kondensmelk
2 eiers geskei
Knippie sout
75ml suiker


Klits eiergele en voeg by kondensmelk. Voeg suurlemoensap en gerasperde skil by en meng goed. Vul die tert doppies half vol. Klits wit van eiers styf en voeg suiker bietjie vir bietjie by en klits goed na elke byvoeging. Skep bo-op elke doppie bietjie en bak by 140°C tot effens goudbruin.

OF

“LEMON CURD”

3 eiergele
200ml suiker
70g botter (75ml)
5ml suurlemoenskil gerasper
75ml suurlemoensap
Knippie sout

Meng al die bestandele en verhit omtrent 10 min. lank oor kookwater totdat die mengsel dik en gaar is. Skep in doppies.