Tuesday 12 July 2011

Sjokolade Bruintjies (brownies) DIABETIC

















166 ml (2/3 k) koekmeel
250 ml (170g) Sugalite
50 ml kakao
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
Knypie sout
62 ml (1/4 k) vet vrye natuurlike joghurt
2 groot eiers

Sif die meel, Sugalite, kakao, bakpoeier en sout tesaam. Meng die joghurt en eiers saam. Voeg die joghurtmengsel by droë mengsel en meng goed. Gooi mengsel in gesmeerde koekpan (16cm x 26cm) en bak by voorverhitte oond by 180oC vir 20 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en sny in blokkies. Sit vulsel op.

Sjokolade vulsel:

500 ml Sugalite
¼ k kakao
2/3 k vetvrye melk

Meng in ‘n pot en bring stadig tot kookpunt terwyl aaneen geroer word, tot dit by ‘thread stage’ kom. (as jy ‘n lepelvol van die mengsel in ‘n bak met baie koue water gooi en die mengsel drup van die lepel af en vorm dun drade in die water, is dit reg.)