Saturday 2 July 2011

Maak jou braairooster skoon

















Skrop die rooster met 'n draadborsel.  Meng 2 dele warm water met 1 deel skottelgoedseep.

As daar hardhandige vet bly vassit, spuit oondskoonmaakmiddel oor die rooster of doop dit in 'n mengsel van 2 dele ammoniak en 1 deel water.  Die die rooster in 'n swartsak wat met kombuispapier gevoer is, knoop dit toe en sit vir 'n paar uur (oornag) iewers op 'n rak.  Onthou buite die bereik van klein handjies en vierbeen-kinders.  Haal die rooster uit, hou die sak se opening weg van jou sodat jy nie die dame inasem nie.  Spuit die rooster goed af, vee met warm seepwater af en spoel deeglik af.