Bestanddele:
200g koeskoes
300ml water
1 eetlepel olyfolie
½ teelepel fyn kaneel
2 eetlepels gekapte koljander
2 granate
skil van een suurlemoen
2 eetlepels grofgekap pistache
1 Geel/groen pepper, opgesny (optioneel)
Plaas water in 'n pot op die stoof en wanneer dit begin kook, haal van die plaat af en gooi olie, kaneel en koeskoes in. Bedek pot vir ongeveer 10 minute, roer koeskoes met ‘n vurk tot los, indien te droog of nog nie gaar, gooi nog ‘n bietjie water in en laat nog ‘n rukkie staan. Gooi oor in ‘n glasbak.