Friday 15 July 2011

Kaggelvuur kerse

Winterkoue aande wil almal graag by 'n warm kaggelvuur kuier.  Ongelukkig is al die kaggels in die huise nie altyd "user friendly" nie.  Somtyds soek mens net nie die reuk van rook in jou huis nie of jy is moeg vir die gesukkel met vuil roet en houtblokke in jou sitkamer. 

Jy kan 'n warm winter kaggel atmosfeer kry deur 'n klomp kerse in jou kaggel te pak.  Gebruik verskillende hoogtes.  Dit gee 'n wonderlike atmosfeer, dis skoon, geen duur hout nodig nie, en die "vlammetjies" brand lank en gee selfs 'n bietjie hitte af.  
'n Ander opsie is om houtblokke te neem en gaatjies daarin te boor waarin t-kersies pas.  Pak die houtblokke in jou kaggel met die kersies, maar maak seker dis veilig as jy dalk klein kinders of troeteldiere in die huis het.

Geniet jou warm gesellige kaggel kuieraande hierdie winter sonder die  gesukkel van 'n kaggelvuur....