Sunday 3 July 2011

GEMMERBIER





















•10 liter water
•1 kg suiker
•15 ml jamaikagemmer
•50 g kremetart
•250 ml suurlemoensap
•1 pakkie (10 g) kitsgis
•250 ml sultanas

Bring die water tot kookpunt en voeg die suiker, gemmer, kremetart en suurlemoensap by. Meng goed. Haal van die hitte af wanneer die mengsel goed kook.

Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg die gis en sultanas by. Roer goed. Gooi die gemmerbier in ‘n groot plastiekemmer en maak toe.

Laat staan vir drie dae by kamertemperatuur. Ná drie dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in tweeliter-plastiekbottels oorgooi.

Hou die bottels in die yskas.