Wednesday 29 June 2011

Lentetuin inspirasie

Hier is 'n bietjie inspirasie as jy dalk reeds sit en dink aan die uitleg vir jou lentetuin.  Reg ons almal se tuine is nou nie so groot nie, maar kyk net die ongelooflike impak wat 'n klomp petunias bymekaar het. 
tuSelfs in die kleinste van klein tuintjies, kan dit 'n ongelooflike mooi prentjie uitmaak as jy groeperings van verskillende kleure petunias maak.  Hou ook die gebruik van hangmandjies in gedagte, want dit bring kleur op verskillende hoogtes in jou tuin.  Geniet die beplanning en droom drome, dit kan dalk net waar word....