Pages
▼
Wednesday 26 June 2013
Vetkoek met groente
Vetkoek met groente
Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert se spyskaart het bestaan uit eiers in ’n maalvleiskombers, vetkoek met geroosterde groente, suurlemoene gevul met hoender en vyekonfytkoekies.
LEWER 6-8 GROOT VETKOEKE
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
BROOD
600 g witbroodmeel
30 g sout
30 g suiker
10 g kitsgis
600 ml louwarm water
olie vir diepbraai
GROENTEVULSEL
6 murgpampoentjies, in repe gesny
1 eiervrug, in dun skywe gesny en met
olyfolie bestryk
sout en peper
20 klein tamaties, heel of gehalveer
1 wiggie fetakaas, grof gekrummel
10 olywe, ontpit en gehalveer
Brood Plaas al die bestanddele behalwe die olie in ’n menger. Meng met die Kmenger tot die deeg van die kant loskom.
Laat rys op ’n warm plek en sny in langwerpige vetkoeke.
Diepbraai in die warm olie tot net gaar.
Groentevulsel Braai die murgpampoentjies in ’n riffelpan tot effens geskroei. Braai die eiervrug in die pan tot sag. Geur met die sout en peper.
Verhit die roosterelement van die oond. Rooster die tamaties tot gekaramelliseer en tot die punte begin swart word. Geur met die sout en peper.
Vul die vetkoek met die feta, groente en olywe.