Pages

Wednesday 26 June 2013

Pampoengebak




Pampoengebak

Tydens Pasella se kuier by Springbok het Gina Kuswayo, kok by die Melkboschkuil Plaaskombuis hierdie gereg voorberei.

(Bedien 4)

500 g pampoen, in blokkies gesny
1 t fyn kaneel
1 e botter
1 eier
160 ml melk
160 ml koekmeel
1 t bakpoeier
Knippie sout
2 e gesmelte botter
½ k heuning

Kook pampoen wat in blokkies gesny is tot gaar, maar steeds ferm. Strooi fyn kaneel oor en skep dit in 'n gesmeerde bak. Stip met 1e botter. Meng die eier, melk, meel, bakpoeier en sout, gooi bo-oor die pampoen en bak 'n halfuur by 180 °C. Maak 'n stroop van die botter en heuning en gooi dit bo-oor die gereg sodra dit uit die oond kom. Hoe warmer dit is as jy die sous oorgooi, hoe lekkerder trek dit in.