Pages

Thursday, 10 November 2011

KERSPOEDING
























Genoeg vir: 8Gaarmaaktyd: 3½ uur
50 g bruinsuiker
45 ml gouestroop
85 g botter
DEEG
200 g vrugtekoekmengsel
45 ml brandewyn
175 g sagte botter
135 g bruinsuiker
45 ml gouestroop
3 groot eiers
175 g bruismeel
5 ml fyn kaneel
5 ml fyn gemengde speserye
100 g fyn amandels, gerooster
50 g pekanneute, grofgekap
100 geroosterde amandels, grofgekap
250 g pitlose dadels, gekap

150 g glasuurvrugte, in stukke gesny
50 g pekanneut-helftes
1 Gooi die brandewyn oor die vrugtekoekmengsel vir die deeg en laat staan eenkant om te week.
2 Smeer 'n 2,5 liter-poedingbak of hittebestande skottel.
3 Klop die suiker, stroop en botter vir die vulsel tot lig. Sit die glasuurvrugte en neute in die poedingbak en skep die stroopmengsel daaroor.
4 Maak die deeg: Klop die botter, suiker en stroop tot lig. Klop die eiers een op 'n slag by. Sif die meel en speserye en vou 'n bietjie op 'n slag by, al om die beurt met die fyn amandels.
5 Vou die res van die neute, vrugtemengsel en dadels in en skep in die poedingbak.
6 Vou 'n laag waspapier in die helfte. Smeer een kant en vou 'n plooi in die middel van die papier. Sit die geplooide papier met die gesmeerde kant ondertoe oor die vrugtemengsel. Maak die papier met 'n tou om die bak vas.
7 Sit die bak in 'n kastrol. Gooi kookwater in die kastrol tot 'n derde van die hoogte van die poedingbak. Bedek en laat die water vir drie en 'n halwe uur prut, of tot die poeding styf is. Kyk elke halfuur of daar nog genoeg water is, en gooi water by as dit nodig is. Haal uit die kastrol uit sodra dit deurgaar is en laat staan vir 10 minute.
8 Verwyder die papier en sny die poeding al om die rand los met 'n stomp mes. Keer uit op 'n opskepbord. Drup 'n bietjie ekstra stroop oor en sif versiersuiker oor. Sit voor met geklopte room of roomys