Pages

Thursday, 10 November 2011

Vrugtekoek
























Marie van Heerden se resep
Genoeg vir: 1 groot koek (25x25x10 cm)
Bereidingstyd: 50 minute, plus die baktyd van die rosyne
Oondtemperatuur: 150 °C
Baktyd: 4-5 uur
·         500 g pitlose rosyne
·         500 g ongebleikte sultanas
·         500 g korente
·         125 g versuikerde vrugte (pynappel, groenvye en gemmer)
·         500 g glanskersies
·         125 g sitrusskil
·         125 ml brandewyn
·         250 g bruinsuiker
·         500 g koekmeel
·         5 ml elk kaneel, naeltjies, gemengde speserye, foelie en fyn gemmer
·         5 ml sout
·         10 ml kakao
·         500 g botter
·         250 g witsuiker
·         8 eiers (ek weeg die eiers, dit moet 500 g wees sonder die dop)
·         5 ml koeksoda
·         10 ml kitskoffie, opgelos in
·         30 ml kookwater
·         250 g amandelvlokkies
1 Berei die vrugte 'n dag voor die koek gebak word, voor. Was die rosyne, sultanas en korente en plaas dit tussen twee vadoeke in die lou-oond totdatdit uitgeswel en klam is. Sny die versuikerde vrugte in kleiner stukkies en sny die kersies in kwarte. Meng die uitgeswelde, klam vrugte met die sitrusskil, versuikerde vrugte en kersies. Gooi die brandewyn oor en bedek die bak met 'n deksel of bord. Laat dit oornag staan.
2 Vir die beslag Verhit die bruinsuiker in 'n kastrol oor lae hitte tot dit gesmelt is. Voeg 125 ml kookwater by en roer totdat alles opgelos is. Laat dit koud word en hou eenkant.
3 Sif die koekmeel, speserye, sout en kakao saam in 'n groot mengbak. Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers goed en voeg dit bietjiebietjie by die bottermengsel terwyl jy aanhou klits. 'n Groot menger werk goed, want dan is jou hande vry. Voeg 'n bietjie van die meelmengsel by sodra die botter-en-eiermengsel te loperig word. Voeg die res van die meel by sodra al die eiers bygevoeg is.
4 Voeg nou die koue bruinsuikerstroop by, asook al die voorafbereide vrugte. Los die koeksoda in die warm koffie op en voeg dit saam met die amandels by. Meng alles goed. Die beslag moet styf genoeg wees om in stukke van die lepel af te val. As dit te slap is, sal die vrugte afsak, en as dit te styf is, sal die koek bars.
5 Skep die deeg in 'n uitgevoerde koekpan (sien wenk) en druk die mengsel na die kante van die pan sodat dit 'n effense holte in die middel maak. Dit keer dat die koek te veel rys in die middel. Sit 'n "papierdeksel" (sien wenk) op en bind dit vas. Bak die koek vir 1 uur in 'n matige oond teen 150 °C en dan vir nog 3 uur teen 130 °C. Vir 4 klein koeke, bak 'n uur korter en vir die helfde van die beslag slegs 2½ uur.
WENKE
·         Voer 'n koekpan (25 x 25 x 10 cm) met drie lae gesmeerde bruinpapier en een laag gesmeerde botterpapier uit. Maak ook 'n "deksel" van dieselfde lae. As alternatief kan jy een laag karton in plaas van al die lae papier gebruik.
·         Plaas 'n bak of oondpan met water onderin die oond, sodat die koek nieuitdroog nie.
·         Voer die oondrak met foelie uit sodat 'n koekpan wat dalk kan lek nie jou oond bemors nie.
·         Versier die koek met 'n laag marsepein en nog 'n laag harde wit versiersel, en 'n mooi lint vir Kersfees.
·         Klam die koek met brandewyn aan sodra dit uit die oond kom, en weer elke drie weke.
(Tuis Tydskrif)