Pages

Thursday, 28 August 2014

RESEP VIR HEERLIKE KARRINGMELKPANNEKOEK


RESEP VIR HEERLIKE KARRINGMELKPANNEKOEK

Pannekoek

500 ml
(2 k) koekmeel
7,5 ml (1 ½ t) bakpoeier
2 ml sout
45 ml (3 e) suiker
3 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) of 1 houer karringmelk
187 ml (¾ k) water
60 ml (4 e) olie

Hoendervulsel

bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
4 hoenderborsies, in repies gesny
sout en peper na smaak
5 ml (1 t) Ina Paarman se knoffel- en kruiespeserye
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) room
150 g (½ bos) spinasie, ontstingel en fyngekap
Metode
  1. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer suiker by.
  2. Klits eiers en karringmelk tot gemeng. Roer water en olie by.
  3. Meng eiermengsel by gesifte meelmengsel tot deeg vorm.
  4. Laat staan 20 minute in yskas voor gebruik.
  5. Skep pannekoek beslag in warm pan wat net ‘n klein druppel olie in het.
  6. Bak tot gaar aan eenkant. Draai om en bak ander kant.
  7. Hoendervulsel Verhit bietjie olie en soteer ui en knoffel tot sag.
  8. Voeg hoenderborsies by en soteer tot gaar.
  9. Geur na smaak met sout en peper. Voeg knoffel- en kruiespeserye en koekmeel by. Roer tot gemeng.
  10. Voeg room by en roer tot sous begin vorm. Draai stoofplaat se hitte laer.
  11. Plaas spinasie bo-op. Plaas kastrol se deksel bo-op en laat prut stadig vir drie minute. Draai stoofplaat af en laat kastrol op warm plaat staan sodat spinasie kan sag raak.
  12. Roer tot hoendermengsel gemeng is en sit saam met pannekoeke voor.

Wenk Gebruik die 60 ml (4 e) afmeting sodat elke pannekoek perfek afgemeet is. Dit werk baie goed.