SJOKOLADEPANNEKOEK-RESEP
Ongeveer 10 pannekoeke
Bestanddele
Swartkersievulsel
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- 45 ml (3 e) strooisuiker
- 45 ml (3 e) kakao
- knypie sout
- 1 ekstragroot eier
- 30 ml (2 e) olie
- 312 ml (1¼ k) volroommelk
- 125 ml (½ k) water
- ekstra olie
Swartkersievulsel
- 425 g (1 blik) swartkersies
- 30 ml (2 e) strooisuiker
- 20 ml (4 t) mielieblom
Metode
- Sif meel, bakpoeier, strooisuiker, kakao en sout saam.
- Klits eier, olie, melk en water saam en roer by meelmengsel.
- Laat staan vir 30 minute voor dit gebruik word. Roer nog bietjie water by indien beslag te dik is.
- Verhit bietjie olie in gemiddelde grootte braaipan.
- Skep genoeg beslag in braaipan om bodem te bedek.
- Bak pannekoek tot gestol en keer om.
- Herhaal tot beslag opgebruik is en plaas pannekoek op bord en bedek.
- Swartkersievulsel Dreineer swartkersies en behou stroop.
- Roer strooisuiker en mielieblom saam. Voeg klein bietjie van stroop by strooisuiker en mielieblommengsel. Roer tot ’n pasta vorm.
- Roer oorblywende stroop by tot glad.
- Verhit stroop op stoofplaat. Roer gereeld. Verwyder stroop van hitte wanneer dit begin borrel.
- Roer swartkersies liggies by sodat dit nie breek nie. Laat swartkersievulsel bietjie afkoel en sit saam met pannekoeke en room voor.