RESEP VIR HEERLIKE KARRINGMELKPANNEKOEK
Pannekoek
500 ml (2 k) koekmeel
7,5 ml (1 ½ t) bakpoeier
2 ml sout
45 ml (3 e) suiker
3 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) of 1 houer karringmelk
187 ml (¾ k) water
60 ml (4 e) olie
Hoendervulsel
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
4 hoenderborsies, in repies gesny
sout en peper na smaak
5 ml (1 t) Ina Paarman se knoffel- en kruiespeserye
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) room
150 g (½ bos) spinasie, ontstingel en fyngekap
500 ml (2 k) koekmeel
7,5 ml (1 ½ t) bakpoeier
2 ml sout
45 ml (3 e) suiker
3 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) of 1 houer karringmelk
187 ml (¾ k) water
60 ml (4 e) olie
Hoendervulsel
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
4 hoenderborsies, in repies gesny
sout en peper na smaak
5 ml (1 t) Ina Paarman se knoffel- en kruiespeserye
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) room
150 g (½ bos) spinasie, ontstingel en fyngekap
Metode
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer suiker by.
- Klits eiers en karringmelk tot gemeng. Roer water en olie by.
- Meng eiermengsel by gesifte meelmengsel tot deeg vorm.
- Laat staan 20 minute in yskas voor gebruik.
- Skep pannekoek beslag in warm pan wat net ‘n klein druppel olie in het.
- Bak tot gaar aan eenkant. Draai om en bak ander kant.
- Hoendervulsel Verhit bietjie olie en soteer ui en knoffel tot sag.
- Voeg hoenderborsies by en soteer tot gaar.
- Geur na smaak met sout en peper. Voeg knoffel- en kruiespeserye en koekmeel by. Roer tot gemeng.
- Voeg room by en roer tot sous begin vorm. Draai stoofplaat se hitte laer.
- Plaas spinasie bo-op. Plaas kastrol se deksel bo-op en laat prut stadig vir drie minute. Draai stoofplaat af en laat kastrol op warm plaat staan sodat spinasie kan sag raak.
- Roer tot hoendermengsel gemeng is en sit saam met pannekoeke voor.
Wenk Gebruik die 60 ml (4 e) afmeting sodat elke pannekoek perfek afgemeet is. Dit werk baie goed.