Pages

Monday, 30 May 2016

Wilandi se Afrikabos-rolkoek




Wilandi se Afrikabos-rolkoek
’n Mens dink aan woud-teksture wanneer jy dié Koekedoor se Afrikabos-rolkoek sien.
Sy put inspirasie uit die woudvloer en jare se laag-op-laag blare, sade en ander materiaal. “Dis die natuur se eie manier van afrond,” sê Wilandi. “Vir my lê die skoonheid juis is die eenvoud daarvan.”

1 rolkoek
Bestanddele
Rolkoek
Gebrande bruinsuikervla en neutbottervulsel
Neutbotter
Pistachio-praline
Lemoenskywe
Pistachio-toffie
Dukkah
Sjokoladegrond
Geroosterde pistachio-neut-sprinkel
   
Instruksies
Rolkoek
  1. Klits die eiergele en voeg die strooisuiker geleidelik by.
  2. Klits tot lig en romerig.
  3. Klits die eierwitte tot styf, nie droog nie.
  4. Sif die meel, bakpoeier, kakao en sout saam en voeg saam met die eierwitte en water by die eiergele.
  5. Vou liggies in met ’n metaallepel.
  6. Skep in gesmeerde en gevoerde 32x23cm-rolkoekpan en bak vir 15-20 minute in voorverhitte oond by 180 ˚C.
  7. Keer dadelik uit op ’n teedoek wat met strooisuiker besprinkel is. Sny die rante netjies en rol met die hulp van die doek op. Bedek met klam doek en laat afkoel.
Gebrande bruinsuikervla en neutbottervulsel
  1. Meng die suiker en die sap in pan van mediumgrootte.
  2. Laat suiker oplos – swaai slegs die pot, moenie roer nie en moenie kook nie.
  3. Bring tot kookpunt.
  4. Verminder hitte en prut sonder roer vir +/- 7 minute – of totdat dit donkerbruin is.
  5. Haal van hitte af en roer melk en room geleidelik by.
  6. Roer oor hitte totdat toffie opgelos en mengsel glad is.
  7. Klits die eiergele tot dik en romerig.
  8. Klits warm melkmengsel geleidelik by.
  9. Gooi in groot pot.
  10. Roer oor lae hitte sonder dat dit kook.
  11. Laat dit dik genoeg raak sodat dit die agterkant van die lepel bedek.
  12. Gooi dan dadelik deur ’n sif in ’n bak en plaas in yskas vir 1 uur.
  13. Bedek met plastiek sodat dit nie ’n velletjie vorm nie.
Neutbotter
  1. Rooster neute.
  2. Plaas in voedselverwerker en meng tot glad en romerig (+/- 10 minute).
  3. Voeg heuning en kaneel by en meng goed.
  4. Meng botter met net genoeg van die vla om ’n smeerbare mengsel te maak.
Pistachio-praline
  1. Meng suiker en water in ’n klein pot.
  2. Smelt suiker oor lae hitte – moenie roer nie en moenie laat kook nie.
  3. Kook +/- 5 minute totdat karamelkleur en kraakstadium bereik (150 ˚C).
  4. Plaas neute op silpad.
  5. Giet suikermengsel oor en laat afkoel.
  6. Breek in stukke, plaas in voedselverwerker en kap fyn
Lemoenskywe
  1. Smelt die suiker en water – moenie laat kook nie.
  2. Wanneer suiker gesmelt is, kook totat kleur effens begin verander.
  3. Plaas dan Clementine-skyfies in en laat kook totdat stroop dikker raak en skywe verglans – wees versigtig dat dit nie brand nie.
  4. Haal die skyfies uit en laat afkoel op silpad.
Pistachio-toffie
  1. Pak die neute uit op ’n silpad en gooi die oorblywende lemoenstroop oor.
  2. Laat afkoel.
Dukkah
  1. In ’n droë pan, braai eers die sesamesaad tot goudbruin, dan koljandersaad en peper totdat geurig is en voeg by sesamesaad in ’n bak.
  2. Kap neute grof in voedselverwerker en voeg by.
  3. Hou eenkant tot nodig.
Sjokoladegrond
  1. Smelt suiker en water – moenie kook nie.
  2. Wanneer al die suiker gesmelt is, laat kook totdat kleur begin verander.
  3. Haal van hitte af en met ’n hand-draadmenger, meng die sjokolade baie vinnig deur sodat dit al die suiker dek.
  4. Hou aan vinnig meng totdat dit soos grond-tekstuur lyk.
  5. Hou eenkant tot nodig.
Geroosterde pistachio-neut-sprinkel
  1. Haal neute uit doppe en bak in oond teen 180˚C vir omtrent 4 minute totdat dit begin verbruin.
Samestelling van koek
  1. Gebruik die sjokoladegrond en dukkah om die grondbasis vir die koek te vorm deur dit in die bord te strooi.
  2. Rol die koek oop en smeer die gebrande bruinsuikervla en bottermengsel oor – los omtrent 15 mm aan elke kant oop.
  3. Pak die lemoenskywe op die kante sodat dit sal uitsteek en soos rakswamme saam groepeer wanneer die koek gerol is.
  4. Plaas die koek in die bord bo-op die grondlaag.
  5. Strooi die gekapte pistachio-praline en geroosterde pistachio-neute oor.
  6. Rond af met gerasperde lemoenskil hier en daar.