Pages

Wednesday, 2 December 2015

Oorskietkoek




Oorskietkoek
Nataniƫl en sy broer Erik deel hul resep vir oorskietkoek.
Bestanddele
1 skilferkorstert (of 1 appeltert met skilferkors)
1 ½ k melk
3 groot eiers
⅓ k bruinsuiker
1 ½ k sultanas
skil van 2 lemoene
sap van 1 lemoen
½ t neutmuskaat
½ t fyn gemmer
½ t fyn kaneel
200 g wortels, gerasper
Metode
Sny skilferkostert in klein stukkies.
Gooi melk oor en laat staan totdat die meeste melk geabsorbeer is.
Klits eiers en suiker en meng by.
Meng res van bestanddele by.
Voer bodem van ’n kleefvrye losboompan (22 cm in deursnee) met bakpapier uit.
Gooi beslag in en bak in oond teen 180 ˚C vir 35 tot 40 minute.
(Bedek losweg met foelie indien koek te gou begin verbruin).
Laat koek heeltemal afkoel voordat dit uit pan verwyder word.